| Vandag is nie gister nie | ||
Vandag is nie gister nie is 'n spanningsverhaal vir volwasse lesers oor die herwinning van wat verlore gelyk het - op ander maniere as wat hulle ooit kon droom.
Die verhaal speel af binne 2 weke in Junie 2006. In tye van groot verandering en verwarring
maak mense 'n verskil. (265 bladsye)
PRYS:
e-boek (elektronies in
PDF-formaat): R50 (265 bladsye) Ek maak hierdie boek so goedkoop,
aangesien jy dit dalk self sal wil uitdruk.
Indien jy belangstel om Vandag is nie gister nie in elektroniese formaat te koop, stuur aan my 'n
e-pos deur hier
te kliek.
Eerste bladsye van Vandag is nie gister nie
'n Skrywer kan nie 'n "storie" verduidelik nie, maar ek gaan 'n paar punte noem
wat jou dalk sal interesseer. Maak jou eie afleidings, interpretasies of analises, nes jy wil.
Dis 'n storie.
As skrywer het baie interpretasies van my boeke my al stom geslaan!
Wat my betref: My verwondering oor die manier wat stories het om ’n skrywer te bekruip, vas te web en
te verras, het nie alleen konstant gebly in die 17 jaar sedert my eerste boek in 1992 verskyn het nie,
dit groei daagliks! Ons leef beslis in die land van stories waarin ons almal se lewens verweef is
tot 'n wonderlike web van stories!
In die storie is daar sprake van 'n "skryfkursus" en 'n "storieverteller".
Die roman en die skryfhandleiding word saam uitgegee, want hulle het saam "klaargekom." Soms dink ek die roman is die
"skryfkursus" in storievorm, maar ek sal nie weet nie, want 'n storie neem my op loop en ek moet volg. As ek dit nie doen
nie, kry ek "skrywersblok". Ek dink karakters weet beter as ek wat hulle stories is.
Lees die storie agter die storie van hierdie roman hier of in Die land van stories Reading, therefore, is a co-production between writer and reader. The simplicity of this tool is
astounding. So little, yet out of it whole worlds, eras, characters, continents, people never encountered
before, people you wouldn’t care to sit next to in a train, people that don’t exist, places you’ve
never visited, enigmatic fates, all come to life in the mind, painted into existence by the reader’s
creative powers. In this way the creativity of the writer calls up the creativity of the reader.
Reading is never passive.
Ben Okri in A Way of Being Free
Verryk jou lewe en gaan op 'n storiereis! Ontdek jou moontlikhede!
Die waarde van stories en lees
Voorblad deur
|
|
|